Sê “hallo” vir ’n heel nuwe boodskap-ervaring. ’n Verrassende fokus op privaatheid, gekombineer met alle funksies wat jy sou verwag.
"Ek gebruik Cipchat elke dag."
Edward Snowden
Onthuller en voorspraakmaker vir privaatheid
"I trust Cipchat because it’s well built, but more importantly, because of how it’s built: open source, peer reviewed, and funded entirely by grants and donations. A refreshing model for how critical services should be built."
Jack Dorsey
CEO of Twitter and Square
"Cipchat as enkripsiemiddel bied die beste skaalvergroting. Dit is vry en gratis, en deur soortgenote geëvalueer. Ek raai mense aan om dit elke dag te gebruik."
Laura Poitras
Oscar-bekroonde filmmaker en joernalis
"Ek is elke keer opnuut beïndruk met hoe deurdag en sorgvuldig die beveiliging en bruikbaarheid van hierdie program is. Dit is my eerste keuse vir geënkripteerde gesprekke."
Bruce Schneier
Internasionaal bekende beveiligingstegnoloog
Ontdek hier onder waarom Cipchat beskou word as ’n eenvoudige, kragtige, goed beveiligde boodskapper
Hou jou gesprekke beveiligd met die allerbeste enkripsie van punt tot punt (aangedryf deur die Cipchat- kriptografiese protokol, wat oopbron is). Nie ons of enige iemand anders kan jou boodskappe lees of by jou oproepe inluister nie. Privaatheid is outomaties deel van elke boodskap, elke oproep. Dit hoef nie spesiaal geaktiveer te word nie. Dit is eenvoudig hoe Cipchat altyd werk.
Deel teks, stemboodskappe, foto’s, video’s, GIF’s en lêers gratis. Cipchat gebruik Wi-Fi of selfoondata, sodat jy die onkoste van SMS’e en MMS’e vryspring.
Voer kristalhelder stem- en video-oproepe met mense van reg oor die wêreld, sonder duur oproepkoste.
Tower jou gesprekke verder op met geënkripteerde plakprentjies. Mense kan ook hul eie pakke plakprentjies saamstel en met ander deel.
Groepgesels maak dit maklik om met jou familie, vriende en kollegas in kontak te bly.
Cipchat wys geen advertensies nie, en niemand hou boek van jou aktiwiteite nie. Jy kan dus met ’n geruste hart jou mening en ervaring met mense deel wat na aan jou hart is.
Cipchat is ’n onafhanklike niewinsorganisasie. Ons werk nie saam met enige groot
tegnologiese maatskappy nie, en kan ook nooit deur enige van hulle oorgeneem word nie. Die
ontwikkeling word befonds deur geldelike toekennings en deur skenkings van mense soos jy.